Skip to content

Cachalia gaan hervormingsplan vir wetstoepassing aan Madlanga-kommissie voorlê

# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sal op 15 Desember voor die Madlanga-kommissie verskyn om die departement se voorgestelde plan vir die vernuwing van wetstoepassing uiteen te sit. Cachalia het tydens ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie gesê die huidige krisis bied ‘n geleentheid vir omvattende hervormings in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy sê die proses sal voorgestelde wysigings aan die Polisiewet, die bevindings van die Parlement se ad hoc-komitee en die kommissie oorweeg. Hy raadpleeg ook provinsies en georganiseerde arbeid oor die hervormings.