# Inwoners van Johannesburg moet hul veiligheid eerste stel en voorsorg tref ná grootskaalse oorstromings in dele van die stad, insluitend Soweto. Motoriste en voetgangers word dringend versoek om oorstroomde paaie, brûe en duikweë te vermy, en bestuurders word gevra om stadiger te ry en alternatiewe roetes te gebruik. Die regering se adjunkwoordvoerder, William Baloyi, sê die Johannesburgse Padagentskap het spanne ontplooi om stormwaterdreine skoon te maak en die skade aan paaie en infrastruktuur te bepaal:
Regering reik veiligheidswaarskuwing uit ná swaar oorstromings in dele van Soweto en Johannesburg [KLANK]
ENG BaloyiOnJoburgFlooding