# Professor Alex van den Heever van die Wits-Staatsbestuur-skool waarsku kiesers kan vyf jaar opgeskeep sit met ‘n wanfunksionele koalisieregering. Hy sê sodra onderhandelings afgehandel is, het inwoners geen manier om die stadsbestuur te verander as dienste nie gelewer word of korrupsie nie aangepak word nie. Van den Heever sê koalisies wat eerder op politieke transaksies as ‘n verbintenis tot goeie regering gebou word, kan dienslewering ontwrig en korrupsie aanwakker. Van den Heever sê die ANC en ActionSA het saam 106 setels in Johannesburg, wat minder is as die 136 vereiste setels uit 270 setels vir ‘n volstrekte meerderheid.
Kenner waarsku kiesers kan vir vyf jaar met wanfunksionele koalisies opgeskeep sit