# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n bevel van die Noord-Gautengse Hooggeregshof verwelkom wat gelas het dat die Nasionale Loterykommissie se voormalige prokureur, Nkhumbuleni Lesley Ramulifho, geskors moet word. Die Regspraktykraad het die aansoek gebring ná ‘n SOE-ondersoek na die beweerde wanbesteding van loterytoelaes wat vir gemeenskapsprojekte geoormerk was. Die ondersoek het in November 2022 gelei tot die bevriesing van twaalf eiendomme ter waarde van bykans 25-miljoen-rand. Ramulifho moet op 18 Februarie 2027 weer in die hof verskyn om te redes aan te voer waarom hy nie van die rol geskrap moet word nie.
SOE verwelkom skorsing van prokureur oor misbruik van Nasionale Lotery-befondsing