# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing verskerp sy pogings om ekonomiese geleenthede in die groen ekonomie te skep vir vroue, jongmense en mense met gestremdhede. Adjunkminister Bernice Swarts sê dié verbintenis ondersteun die regering se hoofdoelwit om inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Swarts het in ‘n verklaring ná ‘n Groen Loopbaanvoorligtingskou in Polokwane, Limpopo, die departement se aanlyn loopbaanportaal uitgelig. Dié portaal verbind werklose jongmense, studente en werksoekers met opleidingsgeleenthede, beurse en werk in die omgewingsektor.
Omgewingsdepartement herbevestig verbintenis tot ekonomiese geleenthede vir vroue en jongmense