# Die brand by Mount Pleasant in die Overstrand-munisipaliteit in die Wes-Kaap is onder beheer gebring, maar is nog nie geblus nie. Brandbestryders sal op die toneel bly om opruimingswerk te doen en die gebied te monitor. Inwoners is gewaarsku dat daar steeds rook in die omgewing is. Een rybaan van die R43, tussen die voetgangeroorgang by Mount Pleasant en die kruising met Swartdamweg, bly vir verkeer gesluit. Motoriste word versoek om die gebied met omsigtigheid te nader.
Brandbestryders gaan voort met opruimingswerk ná die brand by Mount Pleasant in Overstrand