# Die DA sê die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde se voortbestaan is in die gedrang ná ernstige finansiële en bestuursprobleme. In sy 2024/2025-jaarverslag aan die Parlement het die SABS ‘n bedryfsverlies van 70-miljoen-rand en onreëlmatige uitgawes van 52-miljoen-rand aangemeld, terwyl slegs 56-persent van sy prestasieteikens behaal is. Toby Chance van die DA het kommer uitgespreek oor onreëlmatige besteding, swak interne beheermaatreëls en die impak van ‘n losprys-kuberaanval wat die organisasie se IT-stelsels lamgelê het:
DA waarsku SABS se voortbestaan in gedrang te midde van finansiële en bestuursmislukkings [KLANK]
ENG ChanceOnFailures