# Die Stad Johannesburg sê byna 50-duisend pensioenarisse trek voordeel uit eiendomsbelastingkortings ter waarde van meer as 31-miljoen-rand. Die verligting is daarop gemik om bejaarde huiseienaars met hul lewenskoste te help. Pensioenarisse van 60 jaar en ouer kan kwalifiseer, afhangende van hul inkomste en eiendomswaarde, terwyl diegene van 70 jaar en ouer kwalifiseer vir bykomende verligting. Bestaande begunstigdes hoef nie weer aansoek te doen nie, terwyl kwalifiserende pensioenarisse wat nog nie aansoek gedoen het nie, aangemoedig word om die stad te kontak.
Byna 50 000 pensionarisse van Johannesburg trek voordeel uit meer as R31-miljoen se belastingkortings