# Die TB-koukus in die Gautengse provinsiale wetgewer vra verskerpte pogings om voorkombare sterftes weens longontsteking en ander asemhalingsiektes te keer. Dit is Wêreld-longontstekingsdag en die koukus sê uitgestelde diagnose, swak lewensomstandighede en beperkte toegang tot gesondheidsorg stel kwesbare gemeenskappe in gevaar. Meer inenting van kinders, vroeë TB-sifting en beter toegang tot noodsaaklike medisyne, veral vir kinders, bejaardes en mense met verswakte immuunstelsels word gevra.
Gautengse TB-koukus vra verskerpte voorkoming van longontsteking