# Sokker: Mamelodi Sundowns se vrouespan het deurgedring na die eindstryd van die CAF-kampioeneliga toe hulle Kawempe van Oeganda 4-1 verslaan het op die Suezkanaal-stadion in Ismailia, Egipte. Sundowns se voorspeler, Ronnel Donnelly, het in die eerste helfte ‘n driekuns behaal terwyl die middeveldspeler Noxolo die vierde bygevoeg het om Sundowns rustyd gemaklik te laat voorloop. Oeganda het laat in die tweede helfte ‘n troos-doel aangeteken en met tien spelers geëindig na ‘n rooikaart. Sundowns pak AS FAR Rabat van Marokko in Sondag se eindstryd.
Sokker: Mamelodi Sundowns se vroue haal eindstryd van CAF-kampioeneliga