Skip to content

Royal Bafokeng-nasie wen hofstryd oor dorpsadministrasie 

# Die Royal Bafokeng-nasie het ‘n uitspraak deur die Hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes, verwelkom, waarin Elias Lekgotla Setuke skuldig bevind is aan minagting van die hof. Hy het ‘n bevel uit 2021 wat met tradisionele leierskap en dorpsadministrasie verband hou, oortree. Setuke is gevonnis tot 30 dae tronkstraf, wat vir twee jaar opgeskort is, en moet die regskoste betaal. Die hof het ook vir Setuke en twee ander mans verbied om in te meng met die bestuur van Royal Bafokeng-dorpe.