Nuus 13:00
BULLETIN 10 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Parlementêre komitee vra nuwe raadslede om dienslewering voorop te stel
# ‘n Forum verwelkom die Madlanga-kommissie se dagvaarding van hoëprofiel-individue
# En: Die Dwelm-kommissie vra minder tronkstraf vir nie-gewelddadige dwelmgebruikers
# Pasverkose raadslede word dringend versoek om dienslewering en bestendigheid voorop te stel. Die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor Samewerkende Regering en Openbare Administrasie wys daarop dat meer as 100 munisipaliteite ná die verkiesing deur koalisies bestuur moet word weens onbesliste rade. Voorsitter Mxolisi Kaunda sê die nuwe raadspanne kan voortbou op die suksesse van demokrasie en munisipale wanadministrasie regstel. Hy sê Suid-Afrikaners verdien werkende munisipaliteite wat werklik op die gemeenskap se behoeftes reageer.
# Forum for South Africa verwelkom die Madlanga-kommissie se aankondiging dat verskeie hooggeplaaste getuies gedagvaar is om in die komende weke te getuig. Dit sluit die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, KwaZulu-Natal se polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi, en die afdelingskommissaris van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, in. FORUM4SA se leier, Tebogo Mashilompane, sê Mchunu sal kan antwoord op bewerings van politieke inmengery en die ongemagtigde verspreiding van ‘n geklassifiseerde verslag van die inspekteur-generaal van Intelligensie:
# Die Oostelike en Suider-Afrikaanse Dwelmkommissie beywer hom vir praktiese alternatiewe vir mense wat skuldig bevind word aan dwelmgebruik en minder ernstige dwelmbesit. Suid-Afrika is ʼn deurgangsroete en gebruik- en produksie-middelpunt vir onwettige dwelms. Talle reuse-metamfetamien-fabrieke wat vermoedelik bande met Mexikaanse kartelle het, is onlangs in die land ontdek. Die kommissie se voorsitter, oudpresident Kgalema Motlanthe, sê die verbod en strafbaarmaking bemoeilik hulp aan dwelmgebruikers:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die FBI ondersoek Nvidia se stigter en uitvoerende hoof, die 63-jarige Jensen Huang, se buite-egtelike verhouding met ʼn vermeende Chinese spioen. New York Times het verlede maand berig die sakevrou het inligting aan Beijing oorgedra. Nvidia, die wêreld se tweede grootste maatskappy en toonbeeld van die opbloei in kunsmatige intelligensie, het sy eie ondersoek begin. Trump glo die tegnologie-miljardêr dat hy onbewus was van die beweerde spioenasie:
# Rugby: Ierland se haker, Dan Sheeran, is in ‘n stryd teen tyd gewikkel om fiks te wees vir volgende naweek se Nasieskampioenskap-wedstryd teen Suid-Afrika in Dublin. Hy het harsingskudding opgedoen toe hy Ierland Vrydag teen Argentinië aangevoer het, en gaan dié naweek se botsing met Fijdi misloop. Die Nieu-Seelands-gebore flank Sean Jansen se toernooi is verby na ‘n knie-besering teen Los Pumas en is teruggestuur na sy klub, Connacht. Die veteraan-senter Bundee Aki is weer terug na siekte hom uit die kragmeting met Argentinië gehou het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-36-sent teen die dollar, 18-rand-38-sent teen die euro en 21-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-319-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-93-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 92-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….