Nuus 14:00
BULLETIN 10 November 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Burgerregte-beweging sê die Madlanga-kommissie is ‘n noodsaaklike grondwetlike aanspreeklikheidsmeganisme
# Die polisie vra verbruikers om bedag te wees tydens Swart Vrydag-verkope
# En rugby: Rassie sê die meeste van die Bokke weet wat om Vrydag van Frankryk te verwag
# Die burgerlike beweging Soil of Africa sê komende getuienis voor die Madlanga-kommissie plaas hernude openbare aandag op die integriteit, onafhanklikheid en geloofwaardigheid van die strafregstelsel. Die kommissie gaan die komende weke getuienis aanhoor van die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en die afdelingskommissaris van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo. Die beweging se woordvoerder, Luzuko Sofute, sê die proses verteenwoordig ‘n belangrike grondwetlike aanspreeklikheidsmeganisme:
# Die polisie maan verbruikers om die nodige voorsorg-maatreëls te tref om hulself en hulle waardevolle items te beskerm tydens Swart Vrydag-verkope. Verhoogde kleinhandel-bedrywighede lei dikwels tot groot skares in winkelsentrums en by kitsbanke, wat geleenthede skep vir misdadigers om niksvermoedende kopers te teiken. Polisiewoordvoerder Cherelle Ehlers moedig mense aan om elektroniese betalings te doen waar moontik, waardevolle artikels buite sig te hou en bewus te wees van aanlyn bedrog:
# Elf vermeende taxibestuurders is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat geweld tussen mededingende taxi-organisasies uitgebreek het op die Pinelands-taxistaanplek. Woordvoerder Ndakhe Gwala sê Openbare Orde-polisielede is ontplooi nadat mense mekaar met bakstene gegooi het. Die verdagtes word aangekla van openbare geweld en intimidasie, en een ook vir ‘n vuurwapenoortreding weens die oortreding van ‘n hofbevel. Die bakleiery volg ná verlede week se onderneming van die organisasies CATA en CODETA om die vrede te bewaar nadat ‘n rits onlangse voorvalle tot verskeie sterftes gelei het.
# China het die tweede agtereenvolgende jaar tussen Januarie en Oktober ‘n handelsoorskot van 1,04-duisend-miljard-dollar aangeteken. Uitvoere het met meer as 35,2-persent gestyg vergeleke met verlede jaar, grootliks danksy die wêreldwye oplewing in kunsmatige intelligensie. Daar is tans ‘n reuse-vraag na Chinese mikroskyfies en ander K-I-verwante hardeware. Invoere het verlede maand met 41,6-persent gestyg, gedryf deur die vraag na tegnologie-verwante goedere, kritieke minerale soos koper, en energiebronne soos vloeibare aardgas, olie en steenkool.
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die meeste van die spelers in Vrydag se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Frankryk in Parys het reeds tuis teen hulle gespeel en weet wat om te verwag. Sestien was deel van die span in verlede jaar se oorwinning van 32-17 en tien het Suid-Afrika in 2023 gehelp om hulle te verslaan in die Wêreldbeker-kwarteindstryd. Erasmus sê die spelers het vooraf geweet hy gaan nie te veel aan die groep torring nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-37-sent teen die dollar, 18-rand-38-sent teen die euro en 21-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-66-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-75-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 93-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….