# Krieket: Skotland se kommer oor die wyse waarop die Taliban-bewind vroue en meisies in Afganistan behandel, is die rede vir sy besluit om nie teen die land te speel behalwe in toernooie van die Internasionale Krieketraad nie. Vrouesport het feitlik heeltemal verdwyn sedert die organisasie drie jaar gelede weer aan bewind gekom het en vroue het baie beperkte toegang tot onderwys en werksgeleenthede. Volgens Reuters sluit Skotland se standpunt aan by dié van Krieket Australië en die Engelse en Walliese Krieketraad om bilaterale bande met Afganistan op te skort.
Krieket: Skotland gaan nie teen Afganistan speel behalwe in IKR-toernooie nie