# Die polisie het in die afgelope twee weke tydens landwye operasies byna 25-duisend verdagtes in hegtenis geneem. Dit is deel van die inisiatief vir ‘n veiliger feestyd. Onder die gearresteerdes is twee-duisend-680 verdagtes wat gesoek is in verband met ernstige en gewelddadige misdade. Die polisie het ook beslag gelê op 224 ongelisensieerde vuurwapens, meer as twee-duisend-600 rondtes ammunisie en een-duisend-310 gevaarlike wapens. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasies sal voortduur as deel van pogings om misdaadnetwerke te ontwrig en gemeenskapsveiligheid te verbeter.
Die polisie arresteer byna 25 000 verdagtes tydens twee weke in aanloop tot feesgety [KLANK]
ENG AmandaOnNationwideOperations