Skip to content

Krieket: Warner steun Khawaja se bewerings oor balpeuterskandaal in 2018

# Krieket: Die voormalige Australiese aanvangskolwer David Warner bevestig Usman Khawaja se beweringe dat die hele span en afrigtingspersoneel bewus was van die plan om met die bal te peuter tydens 2018 se toetsreeks in Suid-Afrika. Warner sê Khawaja se weergawe is 100-persent reg, en het kritiek uitgespreek teen Krieket Australië se ondersoek, wat hy as oorhaastig en onvolledig bestempel. Khawaja het die beweringe in sy komende outobiografie gemaak. Krieket Australië het sy ondersoek verdedig wat bevind het slegs Warner, Steve Smith en Cameron Bancroft het vooraf geweet.