Skip to content

Oliepryse daal na Trump aandui hy gaan straks nie opdrag gee vir nuwe aanvalle op Iran nie

# Oliepryse het gedaal nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, aangedui het hy sal waarskynlik nie opdrag gee vir nuwe aanvalle op Iran terwyl vredesonderhandelinge voortduur nie. Brent-ru-olie het Maandag met amper twee-persent tot 97-dollar per vat teruggesak. Die sagter benadering het die hoop op ‘n diplomatieke deurbraak laat opvlam, alhoewel hernude aanvalle op skeepvaart naby die Seestraat van Hormoes olievoorrade bedreig. Iran en Amerika het albei berig vaartuie is geteiken. Ontleders waarsku pryse sal wisselvallig bly tot skeepvaart deur die strategies belangrike waterweg na normaal terugkeer.