# Tennis: Coco Gauff van Amerika het haar landgenoot Jessica Pegula in drie stelle geklop om haar WTA-eindtoernooi-veldtog in Indian Wells op ‘n wennoot af te skop. Gauff, die wêreld-nommer-vier, het in twee uur-39-minute gewen. Pegula het van 5-1 in die tweede stel teruggeveg en ‘n wedstrydpunt afgeweer voor sy die valbylpot gewen het. Gauff het egter die beslissende stel oorheers om die kragmeting te beklink. Die kampioen van 2024 sê sy is in haar skik met haar vertoning in haar eerste wedstryd in meer as ‘n maand.
Tennis: Gauff veg terug om Pegula in eindtoernooi se openingswedstryd te klop