# Die regering sê die aandag verskuif nou na die totstandkoming van nuwe munisipale rade, ná die aankondiging van die finale uitslae van die plaaslikeregeringsverkiesings. Die fokus is nou om te verseker dat nuwe raadslede bestuur, aanspreeklikheid en dienslewering versterk. Die Departement van Samewerkende Regering, die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering het maatreëls uiteengesit om provinsies en munisipaliteite deur die oorgangstydperk te lei. Die regering sê munisipale finansiële bestuur sal steeds ’n kernverantwoordelikheid van die nuwe rade wees.
Regering sit riglyne uiteen vir die instelling van nuwe munisipale rade