# Die Stad Tshwane sê die meeste van sy watervoorsieningstelsels in Streke 1 tot 6 is bestendig, en sommige reservoirs toon tekens van herstel. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die meeste reservoirs het genoeg water om voorsiening te handhaaf. Hoë waterverbruik plaas egter steeds druk op sekere stelsels in Mabopane, Soshanguve, Mamelodi, Hammanskraal en Winterveld. Mashigo sê in verskeie dele van die netwerk word water vinniger verbruik as wat reservoirs hul voorrade kan aanvul: