# Die UDM-leier Bantu Holomisa sê verkiesingsgeskille wat by die Verkiesingskommissie ingedien is, is nie daarop gemik om die verkiesingsproses te ondermyn nie, maar wel om die integriteit daarvan te beskerm. Hy sê elke stem verteenwoordig die demokratiese keuse van ‘n burger en moet akkuraat aangeteken word. Hy doen ‘n beroep op die OVK om alle grondige bekommernisse dringend aan te spreek voordat die verkiesingsuitslae gefinaliseer word. Holomisa sê die verkiesingsuitslag plaas ‘n verantwoordelikheid op die leierskap om die organisasie landwyd te versterk:
UDM vra die OVK om verkiesingsgeskille dringend aan te spreek voor die finale uitslae [KLANK]
ENG HolomisaONDisputes