# Rugby: Die Springbokke het Italië met 66-7 in hul Nasieskampioenskap-wedstryd in Turyn verpletter, en sodoende hul onoorwonne rekord in die kompetisie voortgesit. Suid-Afrika het teen rustyd met 45-0 voorgeloop na hulle ses drieë gedruk het, waarvan Malcolm Marx twee aangeteken het. Die Bokke het ná die rustyd nog drie drieë bygevoeg, terwyl Sacha Feinberg-Mngomezulu 26 punte bygedra het. Italië het slegs een drie gedruk. Die Springbokke kom Vrydag in Parys teen Frankryk te staan, met afskop om 10:10 nm Suid-Afrikaanse tyd.
Rugby: Springbokke looi Italië in die Nasieskampioenskap