# Burgerlike samelewingsorganisasies doen ‘n beroep op die regering om die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste terug te trek, veral die bepalings wat die Minister van Indiensneming en Arbeid sou magtig om kwotas vir buitelandse werkers in verskeie ekonomiese sektore en beroepe af te dwing. Die regering het aangekondig dat die voorgestelde wysigings daarop gemik is om arbeidsmigrasie te reguleer, werkers te beskerm en werksgeleenthede vir Suid-Afrikaners te bevorder. Die organisasies het kommer uitgespreek oor die toenemende regeringsbeheer oor indiensnemingspraktyke en die moontlike impak daarvan op ondernemings en die arbeidsmark.
Burgerlike samelewingsorganisasies vra regering om Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste terug te trek