Skip to content

Trump stel geharde immigrasievoorstander Stephen Miller, as stafhoof aan

# Die Amerikaanse president Donald Trump het sy jarelange adviseur, Stephen Miller, as nuwe Withuis-stafhoof aangestel, na die Republikeinse Party se nederlaag in die middeltermynverkiesing. Miller was die dryfkrag agter Trump se streng immigrasiebeleid en sy veldtog vir grootskaalse deportasies. Die 41-jarige is tans adjunkstafhoof en sal Maandag sy nuwe amp aanvaar. Hy vervang Susie Wiles, die eerste vrou wat die pos beklee het. Sy sluit by Trump se politieke operasie aan. Die aanstelling dui daarop dat Trump van voorneme is om met sy bestaande beleid voort te gaan, ten spyte van die verkiesingsnederlaag.