Skip to content

Tennis: Alcaraz red twee wedstrydpunte om halfeindronde in Parys te haal

# Tennis: Carlos Alcaraz is vir die eerste keer deur na die halfeindronde van die Parys-Meesters. Die Spanjaard, wat tweede op die wêreldranglys is, het gister in ‘n opwindende kwarteindstryd twee wedstrydpunte teen die Amerikaner Taylor Fritz afgeweer, en uiteindelik met 6-7, 7-5, 6-3 geseëvier. Fritz was in die tweede stel twee keer net een punt van ‘n oorwinning af, maar Alcaraz het herstel om ‘n beslissende stel af te dwing. Die nederlaag beëindig Fritz se hoop om te kwalifiseer vir die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, wat die seisoen sal afsluit.