# Nuuskantore in Ierland en Bulgarye, onder meer Sky News in Brittanje, het Vrydag e-posbomdreigemente van ‘n sogenaamde “Mikhail Andropov” ontvang. Hy het verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n toenemende vlaag fopdreigemente wat ook passasiersvlugte regoor Europa ontwrig het. Die boodskappe is na Bulgarye se Nova TV en die Ierse openbare uitsaaier RTE gestuur, wat sy kantore ontruim en programmering opgeskort het. Die e-posse onder die opskrif “Boodskap aan die Weste” het die dreigemente beskryf as die voorspel tot ‘n reeks aanvalle op vervoermiddels regoor Europa. Polisie-ondersoeke na die voorvalle duur voort.
Nuuskantore in Brittanje, Ierland en Bulgarye ontvang vals bomdreigemente