# Nieu-Seeland se verkiesingsveldtog het sy laaste dag bereik en meningspeilings toon die regerende Nasionale Party is kort op die hakke van die opposisie-Arbeidersparty. Eerste minister Christopher Luxon en Arbeider-leier Chris Hipkins het vroeër vandag vir oulaas steun gewerf voor môre se verkiesing. Volgens die jongste meningspeiling staan die Arbeiders op 30,7-persent en die Nasionale Party op 26,4-persent. Daar word nie verwag enige van die twee sal genoeg setels wen nie, dus sal kleiner partye, veral die Geleentheidsparty, moontlik ‘n deurslaggewende rol speel. Ekonomiese druk en die lewenskoste oorheers die verkiesingsveldtog.
Laaste dag van Nieu-Seeland se verkiesingsveldtog en geen duidelike wenner in sig nie