Nuus 18:00
BULLETIN 5 November 6 nm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Herman Mashaba sê ActionSA wen veld onder vergete Suid-Afrikaners
# Duduzane Zuma sê die MK-party se leierskapposisies behoort nie aan individue nie
# En, die sokkerwêreld is vol lof vir Cristiano Ronaldo
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê voorlopige verkiesingsyfers dui daarop sy besluit om die parlement te verlaat en op gemeenskappe te fokus, werp vrugte af. Mashaba het by die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand gesê die vergete mense het gepraat te midde van toenemende steun vir die ses jaar-oue-party. Hy het ook kiesers in Soweto en gemeenskappe regoor die land geprys omdat hulle in groot getalle aan die plaaslikeregeringsverkiesing van 2026 deelgeneem het:
Die Verkiesingskommissie in KwaZulu-Natal sê intussen 35-persent van die verkiesingsuitslae is reeds vasgelê, terwyl 25-persent aan ‘n onafhanklike oudit onderwerp is. Die provinsiale verkiesingsbeampte, Ntombifuthi Masinga sê kragonderbrekings in dele van eThekwini is binne ‘n uur opgelos sonder om die stemproses te ontwrig. Daarbenewens gaan die tel van stemme voort in 42 munisipaliteite. Sy sê die provinsie het ‘n kiesersopkoms van 49-persent aangeteken, wat hoër is as die nasionale gemiddeld van 45-persent:
# Die MK-party se eerste adjunkpresident, Duduzane Zuma, sê posisies wat deur sy verteenwoordigers beklee word, behoort aan die organisasie en nie aan individue nie. Zuma het in Midrand, Gauteng, gesê die party sal nie skroom om sy leierskap te vervang indien ampsdraers nie aan die verwagtinge voldoen nie. Hy sê die benadering bevorder aanspreeklikheid en verseker diegene aan wie poste toevertrou is, sal hul verantwoordelikhede nakom. Zuma benadruk hierdie beginsel sal regoor die regering toegepas sal word:
# Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, wil met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, in gesprek tree oor ‘n einde aan die oorlog in Oekraïne. Dit volg na Erdogan se samesprekings met Volodymyr Zelensky. Erdogan sê amptenare in Turkye poog om ‘n vredesberaad op eie bodem te reël. Die Kremlin sê daar is nog geen vaste planne vir ‘n gesprek nie, maar dit kan dit op kort kennisgewing gereël word. Die diplomatieke pogings is voor die beplande Amerikaanse-bemiddelde samesprekings volgende week in Abu Dhabi.
# Sokker: Lofbetuigings stroom van regoor die wêreld in ná Cristiano Ronaldo aangekondig het hy gaan uit internasionale sokker tree. Die Brasiliaanse ster Neymar het Ronaldo as “legendaries” opgesom. Sy Portugese spanmaat, Bruno Fernandes, het Ronaldo bedank vir sy inspirasie en gesê dit was ’n voorreg om saam met hom in die nasionale span te speel. Sy voormalige klubs, Manchester United en Juventus, asook FIFA en die spelersvakbond FIFPro, het ook hulde gebring. Die Portugese sokkerfederasie sê hulle sal nie sy afskeid laat verbygaan sonder ’n gepaste viering van sy loopbaan nie.
En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 18-rand-40-sent teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-550-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-125-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 100-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….