# Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, wil met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, in gesprek tree oor ‘n einde aan die oorlog in Oekraïne. Dit volg na Erdogan se samesprekings met Volodymyr Zelensky. Erdogan sê amptenare in Turkye poog om ‘n vredesberaad op eie bodem te reël. Die Kremlin sê daar is nog geen vaste planne vir ‘n gesprek nie, maar dit kan dit op kort kennisgewing gereël word. Die diplomatieke pogings is voor die beplande Amerikaanse-bemiddelde samesprekings volgende week in Abu Dhabi.
Erdogan wil met Putin onderhandel om oorlog in Oekraïne te beëindig