Skip to content

Sokker: Kane verleng sy verblyf by Bayern met nog twee jaar

# Sokker: Vanjaar se Ballon d’Or-wenner, Harry Kane, sal vir nog twee jaar vir die Duitse klub Bayern München speel. Engeland se kaptein het sy kontrak tot 2029 verleng. Die 33-jarige sê hy voel tuis in München en is mal oor die ondersteuners, die span en die afrigter, Vincent Kompany. Kane het in 2023 aangesluit en die klub het sedertdien twee Bundesliga-titels en ’n Duitse Beker gewen. Die doelskieter het vinniger as enige ander speler in Duitsland 100 Bundesliga-doele aangeteken – binne slegs 98 wedstryde.