# Die Departement van Binnelandse Sake het 71 maatskappye onder Fase Twee van die Betroubare Werkgewer-skema goedgekeur, in ‘n stap wat daarop gemik is om burokrasie te verminder, beleggings te lok en werkskepping in Suid-Afrika te ondersteun. Die Departement sê 138 maatskappye het aansoek gedoen om aan die skema deel te neem na die uitbreiding daarvan in Julie vanjaar. Die tweede fase sluit strategiese infrastruktuurprojekte, streeks- en globale hoofkantore, sowel as kwalifiserende finansiële instellings in. Die Department sê suksesvolle maatskappye sal baat vind by vereenvoudigde visumaansoekprosesse, verminderde papierwerk en meer voorspelbare verwerkingstye.
Binnelandse Sake keur 71 maatskappye goed ingevolge die Betroubare Werkgewer-skema