Skip to content

VF Plus lê klag oor rioolbesoedeling in Zeerust 

# Die Vryheidsfront Plus het ’n klag by die Groen Skerpioene ingedien oor rioolbesoedeling in Zeerust en omliggende gebiede in Noordwes. Die party blameer die Romotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit daarvoor dat riool in strate en die Kareespruit invloei as gevolg van beskadigde rioolinfrastruktuur. Karlien Venter van die VF Plus sê die besoedeling hou gesondheidsrisiko’s in vir inwoners, bedreig grondwater en kan die water in die Klein-Maricopoortdam, wat deur plaaslike boere vir besproeiing gebruik word, besoedel.