Skip to content

Tennis: Die tafel is gedek vir die WTA-eindtoernooi in Indian Wells

# Tennis: Die tafel is gedek vir die WTA-eindtoernooi wat Sondag in Indian Wells, Amerika, begin. Die wêreld se agt beste vrouespelers sal in rondomtalie-formaat meeding en die twee voorste spelers in elke groep dring deur na die halfeindronde. Die topgekeurde Elena Rybakina van Kazakstan is saam met die Amerikaners Coco Gauff en Jessica Pegula en die Tsjeg Linda Noskova in Groep Een. Die wêreld-nommer-twee, Aryna Sabalenka, voer Groep Twee aan, wat ook bestaan ​​uit die Rus Mirra Andreeva, Elina Svitolina van die Oekraïne en nog ‘n Tsjeg, Karolina Muchova.