Skip to content

Rugby: Vianca Boer gaan jong Springbok-vroue se sewes-span in Kenia aanvoer

# Rugby: Vianca Boer gaan die naweek ‘n jong Springbok-vroue Sewes-‘A’-span tydens die Rugby Africa-vroue-sewes-toernooi in Kenia aanvoer. Suid-Afrika kom in Groep A teen Zambië, Zimbabwe en Rwanda te staan. Die hoofafrigter Cecil Afrika het ‘n onervare groep gekies, terwyl voorbereidings vir die 2027-seisoen nou momentum begin kry. Vier spelers het reeds ervaring van die HSBC-sewesreeks, terwyl vier ander onlangs die Junior Springbok-vrouespan verteenwoordig het. Aangesien Suid-Afrika reeds vir volgende jaar se HSBC Sevens 2-reeks gekwalifiseer het, kan Afrika die toernooi gebruik om opkomende talent te ontwikkel.