Skip to content

Kaapstad gasheer vir wêreld jeugleierskap by die 2026 One Young World-beraad

# Kaapstad het meer as twee-duisend-200 jeugleiers uit 190 lande vir die 2026 One Young World-beraad verwelkom, wat vandag by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum begin het. Die geleentheid, wat aansluit by Suid-Afrika se erfenis van jeugaktivisme en die 50ste herdenking van die Soweto-opstand, fokus op klimaat, vrede, gelykheid, gesondheid, tegnologie en menseregte. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die stad ondersteun die beraad, wat Kaapstad ten toon stel as ‘n spilpunt vir wêreldwye verandering en innovasie wat deur die jeug gedryf word.