Skip to content

Wes-Kaapse wetstoepassing bereik mylpaal met 1 000 vuurwapenbeslagleggings

# Beamptes verbonde aan die Wetstoepassingsbevorderingsplan, LEAP, het sedert Februarie 2020 op meer as een-duisend onwettige vuurwapens in die Wes-Kaap beslag gelê. LEAP, ‘n gesamentlike projek tussen Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering, het een-duisend-en-drie vuurwapens teruggevind, insluitend pistole, rewolwers en AK47-gewere. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die meeste vuurwapens is in Delft opgespoor. Hy sê beslag is ook gelê op 13-duisend-362 patrone en meer as ‘n duisend mense is gearresteer.