# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus hoop om al die nuwelinge in die groep speelkans te gee tydens die Nasieskampioenskap in Europa. Hy het ’n ervare span aangewys vir Saterdag se openingswedstryd teen Italië in Turyn. Nie een van die ses nuwelinge is gekies vir wat beskou word as moontlik die maklikste toerwedstryd nie. Erasmus sê die nuwelinge sal blootgestel word aan die strukture en hul vordering sal gemonitor word, en hulle sal hopelik die kans kry om te wys waartoe hulle op die hoogste vlak in staat is.
Rugby: Erasmus hoop om nuwelinge speelkans te gee in Europa