Skip to content

Rugby: Bulle se Bokke sal nie oorweeg word vir hervatting van VRK vroeg in Desember nie

# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, beplan om sewe van sy Springbokke uit te laat wanneer die Verenigde Rugbykampioenskap vroeg in Desember met ‘n wedstryd teen die Leeus hervat word. Die Bokke voltooi eers aan die einde van hierdie maand hul Europese toer, en Ackermann sê Sebastian de Klerk, Cameron Hanekom, Gerhard Steenekamp, ​​Jan-Hendrik Wessels, Marco van Staden, Luan Giliomee en Canan Moodie sal eers vier dae voor die Leeus-wedstryd na Pretoria terugkeer. Nog ‘n Bok, Handré Pollard, mag dalk beskikbaar wees nadat hy die toetsvenster weens ‘n besering misgeloop het.