# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag Saterdag ‘n begeesterde vertoning van Italië in hulle Nasiekampioenskapstoets in Turyn, al is die gashere slegs elfde op die wêreldranglys en Suid-Afrika eerste. Hy sê die Azzurri is ‘n gehaltespan wat die wedstryd met groot motivering sal aanpak ten einde hul tuisreeks op ‘n positiewe noot te begin. Dit sal die 18de wedstryd tussen die twee lande wees. Italië kon die Bokke tot dusver slegs een keer klop, naamlik in 2016 in Florence. Erasmus sê hulle het Suid-Afrika egter voorheen behoorlik onder druk geplaas.
Rugby: Erasmus verwag Saterdag ‘n begeesterde vertoning van Italië