# Krieket: Australië se vrouespan sal Suid-Afrika volgende jaar besoek vir drie T20-wedstryde, drie eendagwedstryde en een toetswedstryd. Die datums is verskuif nadat bevestig is die eerste Vrouekampioenetrofee sal vanaf 14 tot 28 Februarie in Indië plaasvind. Die T20-wedstryde word in Maart in Kimberley, Benoni en Oos-Londen gespeel, gevolg deur eendagwedstryde in April in Gqeberha, die Paarl en Durban. Die toetswedstryd begin op die 15de in KuGompo-stad, wanneer Buffalo Park vir die eerste keer ‘n toetswedstryd vir vroue sal aanbied.
Krieket: Australiese vrouespan toer vanaf 24 Maart in Suid-Afrika