Nuus 13:00
BULLETIN 2 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Kiesers word gevra om korrupte munisipale raadslede aanspreeklik te hou
# ‘n Ontleder waarsku Trump kan meer roekeloos teenoor Iran optree indien die Republikeine die verkiesing verloor
# En tennis: Zverev is amptelik boaan die wêreldranglys
# Activists and Citizens Forum sê kiesers het die mag om verandering in munisipaliteite te bewerkstellig wanneer hulle stem, en die geleentheid om raadslede te verwyder wat van korrupsie en swak dienslewering beskuldig word. Die forum sê korrupsie het ‘n groot rol gespeel in die verval van munisipaliteite en talle gemeenskappe sukkel steeds sonder betroubare basiese dienste. Die forum vra kiesers om Woensdag hul demokratiese reg uit te oefen en rekenskap te eis van diegene wat toevertrou is met die bestuur van openbare hulpbronne.
Die Solidariteit-beweging het intussen sy lede aangemoedig om te gaan stem. Voorsitter Flip Buys sê dit bly ‘n belangrike manier om verandering teweeg te bring. Hy sê gemeenskappe waarin meer mense stem, het ‘n groter invloed op hul munisipaliteite se politieke rigting. Buys sê die gemiddelde stempersentasie in ‘n munisipale verkiesing is onder 50-persent en groter deelname kan ‘n gemeenskap se stem swaarder laat weeg:
# Die Stad Tshwane sê sy water-ingrypingsplan begin positiewe uitslae lewer wat sy teiken betref om water-aanvraag met 150-miljoen liter per dag te verminder. Die plan behoort reservoirs-vlakke se herstel te ondersteun en watervoorsiening te verbeter na gemeenskappe wat onder voortslepende beperkings deurloop. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die maatreëls word in samewerking met Rand Water ingestel om buitengewoon hoë vraag te hanteer en druk op die onderling verbinde waternetwerk te verlig:
Nuus uit die buiteland:
# Die Quincy-instituut vir Verantwoordelike Staatsmanskap sê die Amerikaanse president, Donald Trump, kan selfs meer roekeloos teenoor Iran optree indien die Republikeine die middeltermynverkiesing verloor. Uitvoerende vise-president Trita Parsi het aan Al Jazeera gesê indien die Demokrate beheer oorneem van die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat, kan dit Trump se vermoë aansienklik inperk om die oorlog voort te sit. Hy meen daar is ‘n geringe moontlikheid dat verdere militêre optrede afgeweer kan word:
# Tennis: Die 29-jarige Alexander Zverev het die Italiner Jannik Sinner amptelik vervang boaan die jongste ATP-wêreldranglys. Hy is die eerste Duitse nommer een sedert Boris Becker in 1991 nadat hy vanjaar sy eerste twee Grand Slam-titels ingepalm het. Zverev is ook die 30ste mansspeler in die posisie. Die Spanjaard Rafael Jodar het intussen opgeskuif tot tiende plek en die eerste speler seder die instelling van die ranglys in 1973 geword om die top-tien te haal in sy eerste volle seisoen op toer.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-62-sent teen die dollar, 18-rand-67-sent teen die euro en 22-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-100-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-900-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 112-dollar-84-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….