Skip to content

Sydney ontplooi gewapende polisiepatrollies ná verlede jaar se Bondi-terreuraanval

# Australiese polisiebeamptes met aanvalsgewere het begin met sigbare patrollies in Sydney ná verlede Desember se dodelike terreuraanval op Bondi-strand. Die nuwe Gewapende Reaksie-eenheid is die eerste van sy soort in die land. Lede sal ontplooi word op groot byeenkomste, besige openbare ruimtes, sportstadions en aanbiddings-plekke. Die eenheid van 250 lede word met sowat ‘n miljard rand befonds. Die Bondi-aanval, gemik op ‘n Joodse viering, het 15 lewens geëis. Amnestie Internasionaal Australië sê die patrollies veroorsaak kommer oor die toenemende militarisering van die polisie en beskerming van menseregte.