Skip to content

Stad Kaapstad belê R21-miljoen in Atlantis afvalwater sonkragprojek

# Die Stad Kaapstad het 21-miljoen-rand in ‘n sonkragprojek by die Wesfleur-afvalwaterbehandelingsaanleg in Atlantis belê. Die installasie sal een-duisend-680 sonpanele insluit en na verwagting jaarliks ​​genoeg elektrisiteit opwek om in die behoeftes van ongeveer 365 huishoudings te voorsien. Die projek het ook werk geskep vir elf plaaslike werkers. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Energie, Xanthea Limberg, sê die projek sal help om elektrisiteitskoste en afhanklikheid van die nasionale kragnetwerk te verminder.