# Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackermann, het sy veranderde span gevra om hul beste spel te lewer in vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskap kragmeting teen die Scarlets van Wallis op Loftus. Hy het elf veranderinge aangebring aan die beginspan wat verlede naweek die Ierse span, Ulster, net-net geklop het. Die beseerde Springbok-losskakel Handré Pollard word deur Curwin Bosch vervang en die nuwe voorry, bestaande uit Khutha Mchunu, Jan-Hendrik Wessels en Alu Tshakweni, is deel van die beplande rotasie binne die groep.
Rugby: Ackermann sê sy veranderde Bulle-span moet vandag op Loftus hul beste spel lewer