Skip to content

Rugby: Markus Muller in Stormers se opdrafspan nadat Roche beseer is

# Rugby: Die Stormers pak Ulster vanmiddag in ‘n Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad nadat ‘n laat verandering aan die opdrafspan aangebring moes word. Die jong Junior Springbok, Markus Muller, dra die nommer 12-trui in die plek van die beseerde Jonathan Roche. Die 19-jarige Muller is vroeër die week na die senior Springbokgroep opgeroep vir volgende maand se Nasieskampioenskap-toer na Europa. Nog ‘n nuweling, Yaqeen Ahmed, sal op losskakel uitdraf, met die ervare Springbok-skrumskakel Cobus Reinach langs hom.