Nuus 18:00
BULLETIN 29 Oktober 6 nm
Goeiemôre/Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkminister Mondli Gungubele vra vir sterker samewerking rakende kuberveiligheid in Afrika
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartment prioritiseer leerderveiligheid te midde van taxigeweld
# En, die leier van Hongkong vra om verskoning vir ‘n dodelike brand en belowe ingrypende hervormings
# Die adjunkminister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Mondli Gungubele, vra meer samewerking, innovering en vaardigheidsontwikkeling om die digitale ekonomie in Suid-Afrika en Afrika te beskerm. Gungubele het tydens die 2026 Afrika-kuberveiligheidsindaba in Sandton, Johannesburg, gewaarsku slegs landsgrense kan nie nasionale belange in ‘n toenemend digitale wêreld beskerm nie. Gungubele sê data-soewereiniteit is noodsaaklik vir die beskerming van politieke en ekonomiese onafhanklikheid en versterk kuberveiligheidsbewustheid en samewerking tussen Afrika-lande.
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is bekommerd oor die impak van voortdurende taxigeweld op die veiligheid van leerders en onderwysers, sowel as op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Die Departement het noodplanne in plek om moontlike ontwrigtings te hanteer en werk saam met die polisie en ander veiligheidsstrukture om leerders te help om eksamensentrums veilig te bereik. Die LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê psigo-sosiale ondersteuning is ook beskikbaar vir skole wat geraak word:
# Die Siyafana Sonke-aksieveldtog bepleit ’n nasionale en pan-Afrika-aksiedag môre onder die vaandel: Unite Against Xenophobia – Fight for Jobs, Services and Dignity for All. Die doel is om mense uit alle gemeenskappe te mobiliseer om saam te staan teen xenofobie en om gelyke toegang tot werk, dienste en waardigheid vir almal te bevorder. Die veldtog se woordvoerder, July Eccles, sê woede moet op kapitaliste en die regering van nasionale eenheid gerig word wat ekonomiese en politieke mag oor die samelewing uitoefen en nie teen Afrika-bure nie:
# Hongkong se uitvoerende hoof, John Lee, het om verskoning gevra vir die brand in November verlede jaar waarin 168 mense dood is. ‘n Onafhanklike ondersoek het ernstige nalatigheid deur regeringsdepartemente en konstruksiemaatskappye bevind. Die brand het sewe woonstelblokke tydens opknappingswerk in Tai Po verswelg. Amptenare het nie op brandveiligheidsklagtes reageer nie, en vlambare materiale het die brand vinnig laat versprei. Die minister van Behuising, Winnie Ho, het bedank en politieke verantwoordelikheid aanvaar. Lee het hervormings belowe, insluitend om samespanning met konstruksietenders ’n strafbare misdryf te maak, en ‘n ondersoek na moontlike wangedrag deur amptenare beveel.
# Motorsport: Die Mercedes-renjaer Kimi Antonelli kan die naweek geskiedenis maak in die Formule Een-Grand Prix in Mexikostad. Hy hoef slegs negende te eindig om die bestuurderskampioenskap te beklink en Italië se eerste kampioen sedert 1953 te word. Antonelli het sy voorsprong op sy Britse spanmaat, George Russell, tot 123 punte vergroot toe hy verlede naweek in Texas, Amerika, gewen het. Indien hy Sondag wen, sal hy die titel verower op 20-jaar en 68-dae – drie jaar jonger as die huidige rekord van die Duitse renjaer Sebastian Vettel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-64-sent teen die dollar, 18-rand-53-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-266-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-22-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 115-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….