Skip to content

Tennis: Rybakina gaan die seisoen as die wêreld se voorste speler afsluit

# Tennis: Elena Rybakina van Kazakstan sluit die seisoen as die wêreld-nommer-een- af nadat sy die kwarteindronde van die Japannese Ope in Tokio gehaal het. Dit is ‘n uitstekende seisoen vir die 27-jarige, waarin sy nog twee Grand Slam-titels ingepalm het op die Australiese en die Amerikaanse Ope en Aryna Sabalenka van Belarus boaan die ranglys verbygesteek het. Dit beteken Rybakina sal die eerstegekeurde wees op die WTA-eindtoernooi wat volgende Sondag in Indian Wells, Kalifornië, begin.