# Noord-Korea het sowat twaalf kortafstand-ballistiese missiele in die rigting van die see aan sy ooskus afgevuur. Die missiele is Donderdag naby Wonsan gelanseer en het 250 kilometer ver getrek. Die jongste lansering volg te midde van toenemende spanning tussen Noord- en Suid-Korea nadat drie Suid-Koreaanse soldate in September in landmynontploffings beseer is. Suid-Korea se Nasionale Veiligheidskantoor het ‘n noodvergadering belê om die moontlike gevolge vir die land te beoordeel. Hy vra Noord-Korea om die herhaalde lanserings te staak en sê dit is ‘n ernstige skending van die VN se Veiligheidsraad-resolusies.
Noord-Korea vuur sowat twaalf missiele af te midde van toenemende spanning met Suid-Korea