Skip to content

Rugby: Bulle se kaptein vrygespreek ná rooikaart teen Ulster

# Rugby: ‘n Tugkomitee van die Verenigde Rugbykampioenskap het die Bulle se kaptein, Marcell Coetzee, vrygespreek nadat hy verlede naweek teen Ulster ‘n rooikaart gekry het vir gevaarlike spel teen die slot Ben Donnell. Hy het aanvanklik ‘n geelkaart gekry, wat ná ‘n hersiening na rooi opgradeer is. Die komitee het bevind daar was wel ‘n oortreding maar die kopkontak was nie opsetlik nie en die geelkaart was voldoende straf. Coetzee is dus beskikbaar vir Saterdag se VRK-wedstryd teen Scarlets op Loftus.