Nuus 14:00
BULLETIN 29 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens is onder druk om ‘n koper te vind namate die Tesourie sy voorwaardes verskerp
# Obama spot met die Trump-administrasie ná die “kaaskoekfabriek”-grappie
# En Olimpiese Spele: Kenners waarsku die Spele in Suid-Afrika kan belastingbetalers 500-miljard-rand kos
# Die Nasionale Tesourie het die Suid-Afrikaanse Lugdiens tot Februarie gegee om ‘n strategiese aandelevennoot te vind en waarsku hy sal geen verdere staatsondersteuning kry wanneer die huidige leningswaarborg van ‘n miljard-rand verval nie. Die redery het nog nie die waarborg gebruik nie en moet nie-kernbates identifiseer wat verkoop kan word om sy geldelike posisie te versterk. Die S-A-L sê sy aandeelhouer lei die soektog na ‘n vennoot, terwyl hy moontlike leners betrek. Die Organisasie teen Belastingmisbruik skryf die voortdurende finansiële uitdagings toe aan politieke inmenging en swak leierskap.
# Die regering sê die verwagte El Niño-toestande is ‘n herinnering dat Suid-Afrika se vermoë om droogte te deurstaan, nie net van reënval afhang nie, maar ook van doeltreffende voorbereiding, waterbestuur en die bewaring van beskikbare voorraad. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag die weerpatroon sal toestande raak tydens die somerseisoen, wat die risiko van hoër temperature en ondergemiddelde reënval inhou. Regeringswoordvoerder David Jacobs sê dit berus nie net by die regering om betroubare watervoorsiening te verseker nie:
Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, sê intussen munisipaliteite moet besoedeling voorkom en besmette riviere skoonmaak, en die besoedelaars moet die koste dra. Hy sê behoorlike instandhouding, vroeë waarskuwingstelsels en gewapende veiligheidswagte is nodig om rioolstortings in riviere in Rustenburg en Ventersdorp in Noordwes te voorkom. Bloom sê strenger voorkomende maatreëls en verbeterde beskerming van watersuiweringswerke is noodsaaklik om rioolstortings te verminder en riviere en omliggende gemeenskappe te beskerm:
Nuus uit die buiteland:
# Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, het Donald Trump se administrasie gespot oor sy reaksie op ‘n grappie waarin hy opknappingswerk in die Withuis vergelyk het met “Saddam Hussein wat ‘n kaaskoekfabriek oopmaak”. Hy het kritiek gelewer op Trump se goue dekorveranderings in die ampswoning. Obama het voor volgende week se middeltermyn-verkiesing op ‘n Demokratiese Party-saamtrek in Georgië gesê die administrasie het ‘n regeringswye reaksie gelas eerder as om aandag te skenk aan sy kritiek:
# Olimpiese Spele: Kenners waarsku Suid-Afrika moet versigtig moet wees voor hy bie om 2036 of 2040 se Spele aan te bied. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee maak vandag besonderhede bekend rondom sy deelname aan gesprekke met die Internasionale Olimpiese Komitee, met Suid-Afrika ‘n voorkeur-belanghebbende. The Citizen berig die idee is om die byeenkoms aan te bied in Kaapstad, Johannesburg en Durban deur bestaande infrastruktuur te gebruik. Kenners meen dit kan Suid-Afrika tot 500-miljard-rand kos – die meeste daarvan belastinggeld.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-62-sent teen die dollar, 18-rand-51-sent teen die euro en 22-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-15-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-32-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 115-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….